Thumbs up | Blog | FAQ | TERMS OF USE | Contact


Maklike Sinne | Leeskaarte is ’n leeskaartstel vir vroeë lesers wat reeds basiese klanke ken en gereed is om sinne met gemengde klanke te lees. Die stel bestaan uit 40 bladsye, met 2 kort stories per bladsy—altesaam 80 kort stories. Die stories volg herhalende sinsstrukture en neem geleidelik toe in lengte en kompleksiteit.
Die leeskaarte is prakties vir:
- daaglikse leesroetines
- individuele of klein-groep leeswerk
- ekstra lees by die huis of in die klaskamer
Die eenvoudige uitleg hou die fokus op die lees self en maak dit maklik om die materiaal oor ’n tydperk te gebruik.





