Thumbs up | Blog | FAQ | TERMS OF USE | Contact






Optel-flitskaarte (nommerbande):
17 bladsye / 85 flitskaarte
Volkleur PLUS Wit-en-swart
Nie taalgebonde nie.
Aftrek-flitskaarte (nommerbande):
17 bladsye / 85 flitskaarte
Volkleur PLUS Wit-en-swart
Nie taalgebonde nie.
Oefen optel en aftrek met hierdie self-korrigerende nommerbande-flitskaarte. Knip die kaartjies uit, vou in die middel sodat die som op die voorkant is en die antwoord aan die agterkant is. Plak die kante teen mekaar en lamineer vir langdurige gebruik.
Unieke nommerbande van 10, 20, 30, 40, 50 en dan ook 100 (veelvoude van 5).
Nou kan jou kind optel- en aftreksomme onafhanklik oefen deur die antwoord agterop die kaartjie na te gaan. Die visuele rooster by die optelkaartjies kan help om die som te verstaan.
Helder die aktiwiteit op met die kleurvolle kaartjies of vir ‘n inkvriendelike opsie, gebruik die wit-en-swart weergawe.
Moenie die Engelse weergawe ook aankoop nie, hierdie produk is nie taalgebonde nie.