288 kaartjies
Volkleur EN swart-en-wit
Oefen om tyd te lees met hierdie kaartjies. Kaartjies fokus op analogiese tyd, digitale tyd sowel as tyd in woorde. Knip uit, lamineer (opsioneel) en knip die regte antwoorde met wasgoedpennetjies of skuifspelde. ‘n Ander slim idee is om die bladsye in ‘n “flip file” te sit en jou kind die antwoorde met ‘n merkerpen te omkring. Die kaartjies is in moeilikheidsgraad gesorteer.