Thumbs up | Blog | FAQ | TERMS OF USE | Contact


Hierdie stelletjie leesboekies bestaan uit 31 boekies/bladsye wat in die vorm van “zines” ontwerp is — maklik om te vou vanaf ‘n enkele A4-bladsy tot ‘n 8-bladsye-boekie (vou-instruksies ingesluit). Elke boekie fokus op een spesifieke beginklank-kombinasie en bied ekstra geleenthede vir kinders om die klanke te oefen en vlot te lees.
Elke boekie is gereed om te druk en dadelik te gebruik, en kan deel wees van ‘n daaglikse lees- of dekoderingsoefening. Hierdie stel is ‘n eenvoudige, effektiewe manier om kinders se leesvaardighede stap-vir-stap te verbeter.
Inhoud:
- Een boekie vir elke beginklankkombinasie: * bl- * fl- * gl- * pl- * sl- * vl- * br- * dr- * fr- * gr- * pr- * tr- * vr- * wr- * sk- * sm- * sn- * sp- * st- * kl- * kn- * kr- * dw- * kw- * sw- * tw- * skr- * str- * spr- * sj- * tj-
Hoe dit werk:
Elke bladsy bevat een of twee sinne vol woorde wat die fokusklankkombinasie herhaal, byvoorbeeld: “Dit is Slakkie Slak. Hy is slim. Hy dra sy huis op sy rug sodat hy kan slaap.” Herhaling help kinders om woorde outomaties te dekodeer, vloeiender te lees en selfvertroue te bou.
Elke bladsy het ook ‘n bypassende prentjie wat ingekleur kan word, sodat die kind die boekie sy “eie” kan maak. Die font is TeachersPet 24pt, duidelik en maklik leesbaar, perfek vir ouer kinders wat sukkel met lees en dekodering.
Hierdie mini-boekies is ideaal vir:
- Dekoderingsoefening: Fokus op spesifieke klanke en versterk fonetiese vaardighede
- Leesvlotheid en selfvertroue: Kort herhalende sinne help kinders om vinniger en foutloos te lees
- Herhalingsoefening: Handig vir kinders wat agter is met lees of ekstra oefening benodig
- Pret: Kinders kan hul eie boekies leer vou en die bypassende prentjies inkleur.





