Thumbs up | Blog | FAQ | TERMS OF USE | Contact

Die Klank-na-Woord Oorgangskaarte is ’n stel oefenkaarte vir Graad R tot Graad 3 leerders wat reeds hul letterklanke ken, maar ondersteuning nodig het om hierdie klanke in eenvoudige KVK-woorde saam te voeg. Die stel fokus op die proses van klank-na-woord eerder as net woordlyste en bevat kaarte wat vokale en konsonante stap-vir-stap kombineer. Elke kaart bevat kort, beheerde sinne en eenvoudige woorde om leesvloei en selfvertroue te ondersteun.
Die leeskaarte:
- Bied die inoefening van KV-klankstukkies soos ba, be, bi, bo, bu.
- Demonstrasie van hoe ’n laaste konsonant bygevoeg word om ’n volledig woord te vorm.
- Lys van eenvoudige KVK-woorde.
- Kort sinne om kinders se begrip en outomatisering te versterk.
- Fokus op elke konsonant wat in Afrikaans relevant is. Die letters C, Q en X is uitgesluit.
- ‘n Leeskaart vir die vaslegging van elke vokaal is ook ingesluit.
Hoe dit werk:
- Bind of plaas in flip file.
- Behandel eers die vokale dan konsonante.
- Oefen ’n paar minute daagliks.
Waarom ouers en onderwysers dit gebruik:
- Gerig op die oorbruggingsfase: Bou die brug tussen klankherkenning en volle woorde — help kinders wat al die letterklanke ken, maar sukkel om woorde te lees.
- Stap-vir-stap klankbou: Leer hoe om KV-klankstukkies outomaties te herken voordat die laaste konsonant bygevoeg word — die sleutel tot vinnige, foutlose lees.
- Beheerde herhaling: Herhaling bevorder vloei en bou selfvertroue.
- Prakties en maklik: Dit is maklik om te gebruik en kindervriendelik.



