Thumbs up | Blog | FAQ | TERMS OF USE | Contact


Dekodering is ‘n leesstrategie waar woorde in groepe of kleiner dele opgebreek word sodat dit makliker gelees kan word. Hierdie stel leeskaarte fokus spesifiek op konsonant-kombinasies aan die begin en einde van woorde:
Inhoud:
- Woordkaartjies met konsonant-kombinasies aan die begin (pers).
- Woordkaartjies met konsonant-kombinasies aan die einde (turkoois).
- Woordkombinasies met konsonant-kombinasies aan beide die begin en die einde van ‘n woord (pers en turkoois) — moeilikste vlak.
- Die stel bestaan uit 35 bladsye en altesaam 280 woorde.
- Daar is een woord per kaartjie, opgebreek in dele om dekodering te vergemaklik, en die dele word aangedui met ’n kol wat met die vinger gevolg kan word.
- Kan egter in greyscale gedruk word.
Hoe om dit te gebruik:
- Knip die kaartjies uit en gebruik soos nodig of gebruik die volledige bladsye in boekvorm — pocket files werk lekker.
Opsoek na ‘n ander leesstrategie? Kyk gerus ook na Klank dit! (Dekodering) wat fokus op woorde wat in klankgroepe (kort, lang, twee- en drieklanke) verdeel is.





