4 bladsye diere-kaartjies vir aktiwiteite soos geheue-speletjies en patroonvoltooiing.
Figuur 8 vir middellynkruising.
Visuele persepsie verwys na die brein se vermoë om sin te maak van wat die oë sien. Hierdie vaardigheid is nodig om te kan lees en wiskunde te doen. Dit is daarom belangrik om hierdie vaardighede in te oefen. Hierdie pak werkkaarte is ideaal vir graad R.
Die werkkaarte is as volg gegroepeer:
Visuele voorgrond en agtergrond
Visuele diskriminasie
Ruimtelike oriëntasie
Vormkonstantheid
Visuele sluiting
Visuele geheue
Visuele opeenvolging
Visuele analise en sintese
Hoewel sommige werkkaarte in meer as een kategorie pas, is elkeen slegs in een geplaas. Daar is geen duplikate.