Konsonant-Kombinasies Dekodering

R30,00

Dekodering dmv konsonant-kombinasies — ‘n leesstrategie vir beginners. (Aflaaibare PDF)

Why Buy with Jou Ou Slimmie?
  • Download immediately.
  • Safe and secure payment.
  • EFT payment option available.
somdn_product_page
Guaranteed Safe Checkout

Dekodering is ‘n leesstrategie waar woorde in groepe of kleiner dele opgebreek word sodat dit makliker gelees kan word. Hierdie stel leeskaarte fokus spesifiek op konsonant-kombinasies aan die begin en einde van woorde:

Inhoud:

  • Woordkaartjies met konsonant-kombinasies aan die begin (pers).
  • Woordkaartjies met konsonant-kombinasies aan die einde (turkoois).
  • Woordkombinasies met konsonant-kombinasies aan beide die begin en die einde van ‘n woord (pers en turkoois) — moeilikste vlak.
  • Die stel bestaan uit 35 bladsye en altesaam 280 woorde.
  • Daar is een woord per kaartjie, opgebreek in dele om dekodering te vergemaklik, en die dele word aangedui met ’n kol wat met die vinger gevolg kan word.
  • Kan egter in greyscale gedruk word.

Hoe om dit te gebruik:

  • Knip die kaartjies uit en gebruik soos nodig of gebruik die volledige bladsye in boekvorm — pocket files werk lekker.

Opsoek na ‘n ander leesstrategie? Kyk gerus ook na Klank dit! (Dekodering) wat fokus op woorde wat in klankgroepe (kort, lang, twee- en drieklanke) verdeel is.