![Flitskaarte Kort Klanke Flitskaarte Kort Klanke](https://jououslimmie.co.za/wp-content/uploads/2025/01/Flitskaarte-Kort-Klanke-WEB-600x599.jpg)
![Flitskaarte Kort Klanke Oorsig Flitskaarte Kort Klanke](https://jououslimmie.co.za/wp-content/uploads/2025/01/Flitskaarte-Kort-Klanke-Oorsig-600x600.jpg)
130 flitskaarte
Volkleur en wit-en-swart (2 stelle)
Verbeter jou kind se leesvaardighede met hierdie flitskaarte met kort klank-woorde. Elke kaartjie wys ’n woord aan die voorkant, met die klinker in ’n gekleurde letter uitgelig, en ’n ooreenstemmende prentjie aan die agterkant om woordherkenning te bevorder en woordeskat uit te brei. Knip die kaartjies uit, vou dit in die middel, plak die kante aanmekaar en lamineer vir duursaamheid.
Voorbeelde:
Kort a: bak, kat, vlag ens.
Kort e: bed, mes, melk ens.
Kort i: vis, lig, skip ens.
Kort o: pot, rok, hond ens.
Kort u: bus, hut, brug ens.