Thumbs up | Blog | FAQ | TERMS OF USE | Contact











Klankleer Bootcamp | Bondel
Original price was: R330,00.R189,00Current price is: R189,00.
’n Bondige klankleer-pakket met kern hulpmiddels om jou kind gerigte ondersteuning te bied in klankherkenning, woorddekodering en leesvloei – ideaal vir ouers en kinders met beperkte tyd. (Aflaaibare PDF’s)
- Download immediately.
- Safe and secure payment.
- EFT payment option available.
Die Klankleer Bootcamp is ’n bondige klankleer-bondel met die kern hulpmiddels om jou kind gerigte ondersteuning te bied in klankherkenning, woorddekodering en leesvloei. Ideaal vir ouers en kinders met beperkte tyd.
Wat is ingesluit?
- Vier werkboeke: Fokus onderskeidelik op kort klanke, lang klanke, tweeklanke en drieklanke – elk met aktiwiteite wat op woorde met ’n spesifieke klank fokus. (Volkleur en wit-en-swart)
- Klank-Dit! Woordkaarte: Klank die woorde uit en lees dit weer as een woord. (Volkleur, kan in greyscale druk)
- Los letters / manipulatiewe oefeninge: Bou en verander woorde met Scrabble-teëls of uitgeknipte letters vir ekstra dekoderingsoefening.
- Mini-leesboekies: Voubare klein leesboekies per klank vir oorgang van woord-na-sin en ekstra leesoefening. (Kleur en wit-en-swart)
- Gebruiksgids: ’n Ligte, praktiese riglyn om die hulpmiddels doelgerig tuis te gebruik.
Waarom dit werk
Die Bootcamp kombineer stap-vir-stap werkboek-aktiwiteite, kort herhalende woordlees-oefeninge, praktiese woordbou en mini-leesboekies vir die woord-na-sin-oorgang. Alles is ontwerp om kinders doelgerig te help om hul leesvaardighede te versterk.














