Thumbs up | Blog | FAQ | TERMS OF USE | Contact
- You cannot add another "Skryf en Ontwerp | Visuele Teks" to your cart. View cart


Maak leesoefening kreatief en lekker! Hierdie 20 swart-en-wit werksvelle — elk met ‘n tema — is spesiaal ontwerp vir grondskooolleerders. Elke bladsy is in 12 blokke verdeel, elk met ’n kort sin (soms twee) en ‘n oulike bypassende prentjie om in te kleur. Kinders lees die sin om die inkleurinstruksie te ontdek.
Temas sluit in somer, winter, groente, vrugte, emosies, troeteldiere, wilde diere, vervoer, sport en meer.
Waarom dit werk:
- Perfek vir kinders wat van inkleur hou, maar dalk nie graag lees nie.
- Bou leesvloei, begrip en herkenning op ’n praktiese manier.
- Brei woordeskat uit.
- Bevorder fyn motoriese vaardighede en aandag aan detail tydens lees.
- ’n Lae-voorbereiding hulpbron ideaal vir tuisskool of in die klas.
Met hierdie inkleur-aktiwiteite glip jy ekstra leesoefening in sonder dat dit soos werk voel.





