Thumbs up | Blog | FAQ | TERMS OF USE | Contact


Hierdie kaartjies is ontwerp om kinders te help om Afrikaanse woorde met twee of meer lettergrepe makliker te lees en te verstaan – ’n vaardigheidsbouer wat lees en spel ondersteun.
Elke kaart bevat:
- Die volledige woord bo-aan die kaart.
- Die woord opgebreek in lettergrepe met kolletjies om te wys hoe dit gesegmenteer kan word. Dit help kinders om elke deel van die woord te sien en met die vinger te volg terwyl dit gelees word.
- Kan in greyscale gedruk word.
Waarom dit werk:
- Bevorder bewustheid van lettergrepe, ’n belangrike vaardigheid vir lees en spel.
- Maak langer woorde hanteerbaar deur dit in kleiner dele op te breek.
- Woorde is gesorteer van minder tot meer lettergrepe, sodat kinders stap vir stap kan oefen.
Hoe om dit te gebruik:
- Gebruik dit saam met jou kind of leerders as ’n lees- of spelaktiwiteit.
- Laat hulle die lettergrepe aanwys of uitspreek, met vinger of stem.
- Daar is geen vaste reëls nie – dit is ’n buigsame hulpmiddel wat in enige speletjie of leesaktiwiteit gebruik kan word. Volg jou kind se tempo.
Inhoud:
Daar is 40 bladsye en altesaam 320 woorde:
- 2-lettergreep woorde: 80 kaartjies
- 3-lettergreep woorde: 96 kaartjies
- 4-lettergreep woorde: 88 kaartjies
- 5-lettergreep woorde: 56 kaartjies
Knip die kaartjie individueel uit en lamineer, of plaas die volledige bladsye in ’n flip file.





