Thumbs up | Blog | FAQ | TERMS OF USE | Contact
- You cannot add another "Sigwoorde-bordspeletjie" to your cart. View cart





Mini-Leesboekies: Middelklanke | Bondel
Original price was: R90,00.R59,00Current price is: R59,00.
‘n Bondel van 20 voubare mini-leesboekies wat ekstra leesoefening bied. Die fokus is op woorde met kort klanke, lang klanke, tweeklanke en drieklanke — ideaal vir dekodering. (Aflaaibare PDF)
- Download immediately.
- Safe and secure payment.
- EFT payment option available.
Hierdie bondel mini-leesboekies bestaan uit 20 klein, voubare boekies wat elkeen fokus op ‘n spesifieke klinkerklank, gewoonlik in die middel van die woord, en bied ekstra geleenthede vir kinders om die klank te oefen en vlot te lees.
Die boekies is in die vorm van “zines” ontwerp is — maklik om te vou vanaf ‘n enkele A4-bladsy tot ‘n 8-bladsye-boekie (vou-instruksies ingesluit). Elke boekie is in kleur sowel as wit-en-swart.
Inhoud:
- Mini-Leesboekies: Kort Klanke
Een boekie vir elke kort klank: a, e, i, o, u sowel as y (6 boekies)
2 Stelle: Kleur + wit-en-swart - Mini-Leesboekies: Lang Klanke
Een boekie vir elke lang klank: aa, ee, oo, uu (4 boekies)
2 Stelle: Kleur + wit-en-swart - Mini-Leesboekies: Tweeklanke
Een boekie vir elke tweeklank: oe, ou, ei, eu, ie, ui (6 boekies)
2 Stelle: Kleur + wit-en-swart - Mini-Leesboekies: Drieklanke
Een boekie vir elke drieklank: aai, ooi, oei, eeu (4 boekies)
2 Stelle: Kleur + wit-en-swart
Elke klankgroep se leesboekies is ook apart beskikbaar.
Hoe dit werk:
Elke bladsy bevat ‘n paar sinne vol woorde wat die fokusklank herhaal, byvoorbeeld: “Dit is Jan. Hy is my kat. My kat is bang. My bang kat sit in die bad.” Hierdie herhalings help kinders om woorde outomaties te dekodeer, vloeiender te lees en selfvertroue te bou.
Elke bladsy het ook ‘n bypassende prentjie wat ingekleur kan word, sodat die kind die boekie sy “eie” kan maak. Die font is TeachersPet 24pt, duidelik en maklik leesbaar, perfek vir ouer kinders wat sukkel met lees en dekodering.
Hierdie mini-boekies is ideaal vir:
- Dekoderingsoefening: Fokus op spesifieke klanke en versterk fonetiese vaardighede
- Leesvlotheid en selfvertroue: Kort herhalende sinne help kinders om vinniger en foutloos te lees
- Herhalingsoefening: Handig vir kinders wat agter is met lees of ekstra oefening benodig
- Pret: Kinders kan hul eie boekies leer vou en die bypassende prentjies inkleur.
Ons het ook ‘n stel mini-boekies wat fokus op beginklank-kombinasies.








