Thumbs up | Blog | FAQ | TERMS OF USE | Contact


22 bladsye = 22 boekies
Hierdie stelletjie leesboekies bestaan uit 22 boekies wat in die vorm van “zines” ontwerp is. Elke boekie fokus op een letter van die alfabet (beginklanke). In die Afrikaanse weergawe is c, q, x en z uitgesluit.
‘n A4-bladsy word gevou om ‘n 8 bladsy-boekie te vorm. Vou-instruksies is ingesluit. Die boekies bied ekstra lees- en skryfoefeninge. Daar is ’n bypassende prentjie op elke bladsy wat ingekleur kan word sodat die die kind elke boekie sy “eie” kan maak.