Thumbs up | Blog | FAQ | TERMS OF USE | Contact


40 bladsye
Hierdie joernaal gee die jong skrywertjie geleentheid vir selfontdekking op ’n prettige manier terwyl hy/sy ook skrif- en skryfoefening kry sonder dat dit te veeleisend voel. Die een wat egter baie van skryf hou, kan van die leë lyntjies-bladsye gebruik maak om uit te brei op antwoorde of om na hartelus sy/haar eie gedagtes en idees neer te pen. Die leë foto-spasies gee ook sommer geleentheid om prentjies daarby te teken. Die joernaal is spesiaal in swart-en-wit ontwerp sodat die kind elke bladsy sy/haar eie kan maak. Hoewel die boekie vir seuns en meisies geskik is, kan meisies dalk meer daarby aanklank vind. Christelike aanslag.