15 Werkkaarte / Speletjies
Die Afrikaanse weergawe van die gewilde Boggle. Hoeveel woorde kan jy bou met slegs die letters wat vir jou gegee word? Hoe langer die woord, hoe meer die punte. Verdien ekstra bonuspunte as die woord by die tema pas. ‘n Lekker manier om taal en spelling in te oefen asook optel. Heerlik vir daardie reënerige dae, die lang pad op vakansie of om in die klas besig te bly. Ideaal vir kinders vanaf graad 4. Gretige leerders in die laer grade mag dit ook geniet.
Kyk ook uit vir nog oulike woordspeletjies wat ook nou beskikbaar is.