Thumbs up | Blog | FAQ | TERMS OF USE | Contact


Woord-&-Prent-Legkaart: Klankleer
R20,00
’n Stel van twee legkaarte waar klankleer-woorde en hul bypassende prente gekombineer moet word. (Aflaaibare PDF)
- Download immediately.
- Safe and secure payment.
- EFT payment option available.
Hierdie Woord-&-Prent-Legkaart is ’n praktiese, speel-gebaseerde hulpmiddel vir grondslagfase-leerders. Die legkaart kombineer klankleer met woordherkenning deurdat elke stuk ’n woord of prent aan sy kante het. Leerders moet die korrekte woord met die regte prent kombineer—’n eenvoudige maar uiters effektiewe manier om klanke te versterk.
Die stel fokus op:
- Kort klanke
- Lang klanke
- Tweeklanke
- Drieklanke
Dit sluit twee legkaarte in:
- Vierkantige-legkaartstukke (40 stukke)
- Driehoekige-legkaartstukke (66 stukke)
Die aktiwiteit neem tyd om te voltooi — wat beteken leerders oefen volgehoue aandag, probleemoplossing en selfstandige denke terwyl hulle speel.
Perfek vir:
- Klankleer
- Leesontwikkeling
- Woordeskat
- Remediëring
- Kleingroep-werk
- Fynmotoriese vaardighede
Druk, knip uit, skommel, en laat leerders bou — ’n eenvoudige, maar kragtige hulpmiddel vir enige klaskamer of tuisonderrig-omgewing.
(Hierdie produk is gedurende Swart November vir ‘n beperkte aantal kopers gegee.)




