Thumbs up | Blog | FAQ | TERMS OF USE | Contact




Hierdie stel flitskaarte is ontwerp om kinders te help om woorde makliker te lees deur dekodering te oefen. Dit is ‘n vaardigheidsbouer wat lees en spel ondersteun. Dekodering is ’n leesstrategie waar ’n woord opgebreek word in klanke of klankgroepe, wat kinders help om elke deel van die woord te herken en uit te spreek.
In hierdie stel, fokus die kaartjies op elke klankie op sy eie, behalwe -ng en sj- wat saam een klank vorm.
Inhoud:
- Daar is 106 bladsye met altesaam 845 woordkaartjies
- Kort klanke: a, e, i, o, u en y — rooi
- Lang klanke: aa, ee, oo, uu — groen
- Tweeklanke: oe, ou, ei, eu, ie, ui — blou
- Drieklanke: aai, ooi, oei, eeu — geel
- Kan wel in greyscale gedruk word
Waarom dit werk:
- Bevorder dekoderingvaardighede deur kinders te leer hoe om woorde in kleiner klankdele te breek.
- Volkleur-kaartjies maak dit visueel aantreklik en maklik om te gebruik.
Hoe om dit te gebruik:
- Knip die kaartjies uit, lamineer en gebruik dit individueel, of gebruik die volledige bladsye in boekvorm, flip files werk lekker.
- Die kaartjies is volgens moeilikheidsgraad gesorteer, begin by die rooi kaartjies.
- Kan gebruik word saam met ander leesaktiwiteite om oorgang na volsinne te vergemaklik.
Opsoek na ‘n ander leesstrategie? Kyk gerus ook na Konsonant-kombinasies (Dekodering) wat fokus op woorde se konsonant-kombinasies aan die begin en einde.







