Klank-na-Woord Oorgangskaarte | Leeskaarte

R40,00

Hierdie Klank-na-Woord Oorgangskaarte help leerders om individuele klanke saam te sit om eenvoudige KVK-woorde te lees. (Aflaaibare PDF)

Why Buy with Jou Ou Slimmie?
  • Download immediately.
  • Safe and secure payment.
  • EFT payment option available.
somdn_product_page
Guaranteed Safe Checkout

Die Klank-na-Woord Oorgangskaarte is ’n stel oefenkaarte vir Graad R tot Graad 3 leerders wat reeds hul letterklanke ken, maar ondersteuning nodig het om hierdie klanke in eenvoudige KVK-woorde saam te voeg. Die stel fokus op die proses van klank-na-woord eerder as net woordlyste en bevat kaarte wat vokale en konsonante stap-vir-stap kombineer. Elke kaart bevat kort, beheerde sinne en eenvoudige woorde om leesvloei en selfvertroue te ondersteun.

Die leeskaarte:

  • Bied die inoefening van KV-klankstukkies soos ba, be, bi, bo, bu.
  • Demonstrasie van hoe ’n laaste konsonant bygevoeg word om ’n volledig woord te vorm.
  • Lys van eenvoudige KVK-woorde.
  • Kort sinne om kinders se begrip en outomatisering te versterk.
  • Fokus op elke konsonant wat in Afrikaans relevant is. Die letters C, Q en X is uitgesluit.
  • ‘n Leeskaart vir die vaslegging van elke vokaal is ook ingesluit.

Hoe dit werk:

  • Bind of plaas in flip file.
  • Behandel eers die vokale dan konsonante.
  • Oefen ’n paar minute daagliks.

Waarom ouers en onderwysers dit gebruik:

  • Gerig op die oorbruggingsfase: Bou die brug tussen klankherkenning en volle woorde — help kinders wat al die letterklanke ken, maar sukkel om woorde te lees.
  • Stap-vir-stap klankbou: Leer hoe om KV-klankstukkies outomaties te herken voordat die laaste konsonant bygevoeg word — die sleutel tot vinnige, foutlose lees.
  • Beheerde herhaling: Herhaling bevorder vloei en bou selfvertroue.
  • Prakties en maklik: Dit is maklik om te gebruik en kindervriendelik.