Thumbs up | Blog | FAQ | TERMS OF USE | Contact
- You cannot add another "Drieklank-woorde Werkboek" to your cart. View cart






Hierdie bondel bestaan uit die 4 verskillende klankgroepe-flitskaarte wat elders apart te kry is.
Flitskaarte | Kort Klanke
130 flitskaarte
Volkleur en wit-en-swart (2 stelle)
Verbeter jou kind se leesvaardighede met hierdie flitskaarte met kort klank-woorde. Elke kaartjie wys ’n woord aan die voorkant, met die klinker in ’n gekleurde letter uitgelig, en ’n ooreenstemmende prentjie aan die agterkant om woordherkenning te bevorder en woordeskat uit te brei. Knip die kaartjies uit, vou dit in die middel, plak die kante aanmekaar en lamineer vir duursaamheid.
Voorbeelde:
Kort a: bak, kat, vlag ens.
Kort e: bed, mes, melk ens.
Kort i: vis, lig, skip ens.
Kort o: pot, rok, hond ens.
Kort u: bus, hut, brug ens.
Flitskaarte | Lang Klanke
100 flitskaarte
Volkleur en wit-en-swart (2 stelle)
Verbeter jou kind se leesvaardighede met hierdie flitskaarte met lang klank-woorde. Elke kaartjie wys ’n woord aan die voorkant, met die klinker in ’n gekleurde letter uitgelig, en ’n ooreenstemmende prentjie aan die agterkant om woordherkenning te bevorder en woordeskat uit te brei. Knip die kaartjies uit, vou dit in die middel, plak die kante aanmekaar en lamineer vir duursaamheid.
Voorbeelde:
Lang a: aap, blaar, kaart
Lang e: tee, beet, sweet
Lang o: oog, boot, kroon
Lang u: uur, nuut, skuur
Flitskaarte | Tweeklanke
150 flitskaarte
Volkleur en wit-en-swart (2 stelle)
Verbeter jou kind se leesvaardighede met hierdie flitskaarte met tweeklank-woorde. Elke kaartjie wys ’n woord aan die voorkant, met die klinker in ’n gekleurde letter uitgelig, en ’n ooreenstemmende prentjie aan die agterkant om woordherkenning te bevorder en woordeskat uit te brei. Knip die kaartjies uit, vou dit in die middel, plak die kante aanmekaar en lamineer vir duursaamheid.
Voorbeelde:
ei-woorde: brei, vleis, paleis
ie-woorde: mier, fiets, mielie
eu-woorde: deur, skeur, kleur
ou-woorde: klou, sout, ouma
ui-woorde: uil, luis, fluit
oe-woorde: boer, doek, stoel
Flitskaarte | Drieklanke
57 flitskaarte
Volkleur en wit-en-swart (2 stelle)
Verbeter jou kind se leesvaardighede met hierdie flitskaarte met drieklank-woorde. Elke kaartjie wys ’n woord aan die voorkant, met die klinker in ’n gekleurde letter uitgelig, en ’n ooreenstemmende prentjie aan die agterkant om woordherkenning te bevorder en woordeskat uit te brei. Knip die kaartjies uit, vou dit in die middel, plak die kante aanmekaar en lamineer vir duursaamheid.
Voorbeelde:
aai-woorde: laai, kraai, slaai
eeu-woorde: eeu, leeu, sneeu
oei-woorde: koei, groei, broei
ooi-woorde: ooi, gooi, vlooi
Weens die beperkte beskikbare woorde, is hierdie stel kleiner as die ander stelle in die reeks.