Thumbs up | Blog | FAQ | TERMS OF USE | Contact
- You cannot add another "Graad R-alfabetpak" to your cart. View cart



Mini-Leesboekies: Lang Klanke
R20,00
‘n Stel van 4 klein, voubare mini-leesboekies wat op lang klanke (aa, ee, oo, uu) fokus. Die boekies bied ekstra leesoefening en is ideaal vir dekodering. (Aflaaibare PDF)
- Download immediately.
- Safe and secure payment.
- EFT payment option available.
Hierdie stel mini-leesboekies bestaan uit 4 voubare boekies wat elkeen op ‘n spesifieke lang klank (aa, ee, oo, uu) fokus. Die boekies kan deel wees van ‘n daaglikse lees- of dekoderingsoefening. Dit is ‘n eenvoudige, effektiewe manier om kinders se leesvaardighede stap-vir-stap te verbeter.
Die boekies is in die vorm van “zines” ontwerp is — maklik om te vou vanaf ‘n enkele A4-bladsy tot ‘n 8-bladsye-boekie (vou-instruksies ingesluit).
Inhoud:
- Vier mini-boekies in kleur — een vir elke lang klank: aa, ee, oo, uu
- Vier mini-boekies in swart-en-wit — een vir elke lang klank: aa, ee, oo, uu
Hoe dit werk:
Elke bladsy bevat ‘n paar sinne vol woorde wat die fokusklank herhaal, byvoorbeeld: “Dit is ‘n aap. Die aap raas en blaas.” Hierdie herhalings help kinders om woorde outomaties te dekodeer, vloeiender te lees en selfvertroue te bou.
Elke bladsy het ook ‘n bypassende prentjie wat ingekleur kan word, sodat die kind die boekie sy “eie” kan maak. Die font is TeachersPet 24pt, duidelik en maklik leesbaar, perfek vir ouer kinders wat sukkel met lees en dekodering.
Hierdie mini-boekies is ideaal vir:
- Dekoderingsoefening: Fokus op spesifieke klanke en versterk fonetiese vaardighede
- Leesvlotheid en selfvertroue: Kort herhalende sinne help kinders om vinniger en foutloos te lees
- Herhalingsoefening: Handig vir kinders wat agter is met lees of ekstra oefening benodig
- Pret: Kinders kan hul eie boekies leer vou en die bypassende prentjies inkleur.
Ons het ook ‘n stel mini-boekies vir elk van die ander klankgroepe beskikbaar: Mini-Leesboekies: Kort Klanke; Mini-Leesboekies: Tweeklanke; Mini-Leesboekies: Drieklanke. Al hierdie leesboekies is ook in ‘n bondel beskibaar.






