Mini-Leesboekies: Middelklanke

R30,00

‘n Stel van 20 voubare mini-leesboekies wat ekstra leesoefening bied. Die fokus is op woorde met kort klanke, lang klanke, tweeklanke en drieklanke — ideaal vir dekodering. (Aflaaibare PDF)

 

Why Buy with Jou Ou Slimmie?
  • Download immediately.
  • Safe and secure payment.
  • EFT payment option available.

Out of stock

somdn_product_page
Guaranteed Safe Checkout

Hierdie stelletjie leesboekies bestaan uit 20 boekies/bladsye wat in die vorm van “zines” ontwerp is — maklik om te vou vanaf ‘n enkele A4-bladsy tot ‘n 8-bladsye-boekie (vou-instruksies ingesluit). Elke boekie fokus op een spesifieke klank, gewoonlik in die middel van die woord, en bied ekstra geleenthede vir kinders om die klank te oefen en vlot te lees.

Elke boekie is gereed om te druk en dadelik te gebruik, en kan deel wees van ‘n daaglikse lees- of dekoderingsoefening. Hierdie stel is ‘n eenvoudige, effektiewe manier om kinders se leesvaardighede stap-vir-stap te verbeter.

Inhoud:

  • Een boekie vir elke kort klank: a, e, i, o, u en y (6 boekies)
  • Een boekie vir elke lang klank: aa, ee, oo, uu (4 boekies)
  • Een boekie vir elke tweeklank: oe, ou, ei, eu, ie, ui (6 boekies)
  • Een boekie vir elke drieklank: aai, ooi, oei, eeu (4 boekies)
  • Bevat kleur, maar kan in greyscale gedruk word

Hoe dit werk:

Elke bladsy bevat een of twee sinne vol woorde wat die fokusklank herhaal, byvoorbeeld: “Dit is my kat. My kat is swart. My swart kat sit in die bad.” Hierdie herhalings help kinders om woorde outomaties te dekodeer, vloeiender te lees en selfvertroue te bou.

Elke bladsy het ook ‘n bypassende prentjie wat ingekleur kan word, sodat die kind die boekie sy “eie” kan maak. Die font is TeachersPet 24pt, duidelik en maklik leesbaar, perfek vir ouer kinders wat sukkel met lees en dekodering.

Hierdie mini-boekies is ideaal vir:

  • Dekoderingsoefening: Fokus op spesifieke klanke en versterk fonetiese vaardighede
  • Leesvlotheid en selfvertroue: Kort herhalende sinne help kinders om vinniger en foutloos te lees
  • Herhalingsoefening: Handig vir kinders wat agter is met lees of ekstra oefening benodig
  • Pret: Kinders kan hul eie boekies leer vou en die bypassende prentjies inkleur.

Ons het ook ‘n stel mini-boekies wat fokus op beginklank-kombinasies.