16 bladsye
Volkleur
Oefen meer as 150 lang klank-woorde (aa, ee, oo, uu) met hierdie kleurvolle bordspeletjie. Daar is 3 soorte aktiwiteitskaartjies: lees, spel, teken. Gooi die dobbelsteen, beweeg vorentoe, tel kaartjie op en doen die aktiwiteit.
Daar is heelwat kaartjies in die pak met ‘n bladsy leë kaartjies indien julle woorde (met die hand) wil byvoeg. Speelbord, voubare dobbelsteen (opsioneel) en reëls ingesluit. ‘n Standaard dobbelsteen kan ook gebruik word.